Kom stap saam met Jesus!

Jesus het die kinders lief en Hy nooi hulle om na Hom toe te kom.
“Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.” — Markus 10:14

Hier is ’n spesiale plek waar kinders Jesus kan leer ken, Sy Woord kan ontdek en saam met Hom kan groei.

Kinders leer die beste wanneer hulle kan hoor, sien, lees en dóén. Daarom het ons hierdie wêreld vol ontdekking geskep — waar Bybelverhale lewendig word, waar kinders kan luister na stories, Bybelvasvrae doen, saam sing, kreatief wees en deur prettige aktiwiteite leer.

Maar ons wil verder gaan as net om van Jesus te leer. Ons wil kinders help om te ontdek dat Jesus hulle persoonlik liefhet, dat hulle Hom kan vertrou en dat hulle elke dag saam met Hom kan stap.

📖 Ontdek Jesus in die Bybel.
🎧 Luister na wonderlike Bybelstories.
🎵 Leer, sing en speel.
🎨 Skep en ontdek deur prettige aktiwiteite.
🌿 Leer om Jesus ook in die wonderlike natuur raak te sien.

Kom ontdek, kom leer, kom speel — en kom stap saam met Jesus! ❤️

Bybel-Vasvra en Liedjies

  • Jesus gee ons Sy Woord -Vasvra en liedjie
  • Jesus maak die wêreld – Vasvra en liedjie
  • Jesus vra: Waar is jy? – Vasvra en liedjie
  • Jesus belowe – Vasvra en liedjie
  • Jesus wys ons die pad – Vasvra en liedjie
  • Jesus se geboorte – Vasvra en liedjie
  • Jesus as Kind – Vasvra en liedjie
  • Jesus word gedoop – Vasvra en liedjie
  • Jesus hou Sabbat – Vasvra en liedjie
  • Jesus sê: Word weer gebore – Vasvra en liedjie
  • Jesus word gekruisig – Vasvra en liedjie
  • Jesus staan op – Vasvra en liedjie
  • Jesus kom weer – Vasvra en liedjie
  • Jesus skep die nuwe aarde – Vasvra en liedjie

Daniël-stories en Boeke

Lees die boekies:

  • Tien keer slimmer
  • Openbaarder van Geheimenisse
  • Die Bybel is waar
  • Hy kan verneder
  • Geweeg en te lig bevind
  • Bewe en sidder
  • Jesus ons Hoëpriester
  • Jesus is die Messias 
  • Jesus se Soldaatjie
  • Jesus se Soldaatjie sal gesond eet
  • Jesus se soldaatjie sal die Bybel goed leer ken
  •  
  •  

Pret-Aktiwiteite

  • Inkleur-Prente
  • Woordsoek
  • Blokraaisels
  • Onthou-versies
  • Goeienag-gebedjies
  •  Bybel-speurtog

Kinders ontdek die wonder van God se Woord op ’n eenvoudige en vreugdevolle manier.

Deur Bybellesse, verhale en aktiwiteite leer hulle dat Jesus hulle liefhet en altyd naby is.